Uncategorized

Hy het my nie gevra om te trou nie… {verlowing}

Hier volg die verhaal van hoe ek en Nico verloof geraak het…
*♥*♥*
In die 5 jaar plus wat ek en Nico saam is, is daar ‘n hele paar dinge wat ek nou al weet van hom. Een: Hy is nie groot op verrassing en groot beplande dinge nie… Twee: Hy is nie die tipiese romantiese ou wat klomp geskenkies koop as opmaak/ jammer sê/ bederf/ sommer net, ou nie…hy skryf eerder ‘love letters’ op die yskas of koop kos die dag as ek nie lus is vir kook nie, of stop vir roomys as ek af voel… Drie: Hy, soos ek, het die lewens besluit gemaak om eerder ons geld op ervaringe as dinge en goed te spandeer. Vier: Ons lewens is al so in mekaar gevleg dat ons alles met mekaar deel; geldsake, skedules, naweke, drome. Ons weet presies wat in mekaar se lewens aangaan. Of so het ek gedink…
Nico verjaar die sesde Augustus. Dit val op ‘n Saterdag die jaar. So twee maande voor hy verjaar het ons begin praat om daai naweek dalk weg te gaan. Die Dinsdag daarna is ‘n vakansie dag wat die naweek maklik kan verleng as ons die Maandag af vat by die werk. Ek’t ongelukkig ‘n verf klas die Saterdag maar ek is bereid om dit op te offer aangesien hy verjaar… eks nogal erg oor verjaarsdae so sal graag eerder die dag, of dan die naweek saam met hom wil wees.
Ons het nog nie regtig definitief besluit dat ons wil weg gaan daai naweek toe Nico my laat weet dat hy daai naweek dalk moet werk. Hy is ‘n omgewingskonsultant en daar is ‘n lodge naby die Kruger Wildtuin wat ‘n impak studie wil doen vir nuwe huisies. Die eienaar is net daai naweek met sy verjaarsdag beskikbaar. Ek was bietjie teleurgesteld dat hy moet werk maar het geweet dat hy nuut is by die werk en nie kan nee sê vir ‘n kans om te beïndruk nie. Die lodge bestuurder gee ook nie om as ek saamgaan nie en hy reel ‘n wild rid omdat Nico verjaar. Klink soos ‘n goeie deal… dis ook nie baie harde werk wat hom lank gaan besig hou nie. So ons sal baie tyd saam kan spandeer. En ek’t gedink die ‘road trip’ sal lekker wees.
Ek beplan al lank aan sy verjaarsdag geskenke, ‘n DVD oor die Grensoorlog, (Hy is baie geïnteresseerd in die grensoorlog) ‘n liefdes dagboek en die cherry op die koek, Coldplay kaartjies! Ek terg hom maande lank oor hoe ek “Girlfriend of the Year Award” gaan wen… maar hys nie so nuuskierig soos ek gehoop het oor sy presente nie en ek gee maar hints al vra hy nie daarvoor nie. Net genoeg om hom te laat wonder. Maar dit lyk heeltyd of sy kop op ‘n ander plek is.
Die naweek breek toe aan en ons besluit om op pad by Harries Pancakes in Dullstroom te stop. Dis waar ek sy presente ook toe vir hom gee. Dis in lae gepak en hy sien eers die DVD, hy dink dis baie cool. Onder dit lê die swart leer dagboekie. Hy maak dit oop en lees deur die bladsye. Die laaste sin sê “kyk voor in die cover is vir jou nog iets”. Hy was ekstaties toe hy Coldplay kaartjies uithaal! Ek was baie bly oor die reaksie en om dit uiteindelik vir hom te kon gee. Coldplay hier kom ons!
Magies vol het ons weer die pad aangedurf en die mooi passe en berge geniet, al in die rigting van Klasserie, waar die lodge net ‘n entjie buite die dorp was.
Na 7 ure se ry het ons uiteindelik by Pezulu Tree-house Lodge aangekom. Daar is vyf hout huise wat hoog bo in die bome gebou is en ons ry verby ‘n paar op pad na die kantoor om aan te meld. Ons word vriendelik gegroet deur Diana met glasies sap wat vir ons wag en ‘n paar vormpies moet geteken word. Eks verras om te hoor ons slaap in ‘n boomhuis…ons is dan hier om te werk? Maar ek het nie veel meer daaroor gedink nie en net die geleentheid om in een van die boom huise te kan slaap aangegryp. “Hierdie naweek gaan awesome wees”, het ek by myself gedink.
Huilboerboon is die boom waarin ons sou bly. Ons het net genoeg tyd gehad om gou ons tasse te gaan aflaai, bietjie te ontspan en dan sou ons moet terug wees by die hoof kamp vir ‘high tea’ en dan die wild rit. As die weer saamspeel. Dit lyk maar dreig na reën wolke.
Die boomhuis was ongelooflik. Die bed het ‘n uitsig oor ‘n watergat waar Zebra’s elke dag oor die naweek kom water drink het. Die bad is ingesink en groot genoeg om in te kan jacuzzi en reg voor ‘n venster wat jou ook ‘n uitsig oor die bosveld gee. Die stoep het twee hangstoelle met die perfekte uitsig om elke aand die sonsondergang te kon waardeer. Op die bed le ‘n briefie.. ‘The Brits Couple’ is voorop geskryf. Eks altyd bly as mense aanneem ons is al getroud en het die briefie glad nie vreemd gevind nie. Binne het hulle Nico geluk gewens met sy verjaarsdag en gesê hulle hoop ons geniet die naweek. Dit was wonderlik dat ons soos gaste behandel word al was ons daar vir werk. Dit is mos hoekom ons daar was.
Drie-uur was ons op die Landie saam met ons gits Andrew. Dis net ons drie. Ons is deur na ‘n buurplaas waar ons vir al die groot diere sou soek. Terwyl ons die spoorsnyer oplaai sien ons dwergmuishonde wat al om die geboue skrop vir ietsie te ete. Toe ons by die reservaat area inry word ons gegroet met 2 Witrenosters wat rustig wy. Andrew ry tot teenaan hulle met die Landie. Maleft, die spoorsnyer, moet koes as een van die renosters nuuskierig aan sy been kom ruik. Ons was nog nooit so naby aan die pragtige diere nie. Ons het seker 20 net daar by hulle gesit en hulle dop gehou. Dié dag kon nie beter nie…
Ons loer in by twee vet gevrete jagluiperds wat rustig in ‘n doring boom se skadu lê en slaap. Dan gaan soek ons die luiperd. Andrew vat ons diep in die bosse in maar ons sien haar glad nie. Net na vyf-uur breek die wolke weg en ons sien hoe die son sy kleure ten die wolke uitgooi.. Dis asemrowend mooi. Andrew stop die landie by die dammetjie vir ‘sun-downers’ terwyl die son aanhou om die lug in te kleur. Eks heeltemal bevange met die toneel wat voor my afspeel. God se kunswerk.
Andrew & Maleft verskoon hulself om weer te probeer om die luiperd se spoor te soek. Ek en Nico is alleen by die dammetjie. Ons staan vir ‘n rukkie en waardeer net die meesterstuk voor ons. Dan vat Nico my hande en kyk my in my oë.
“Ek moet herken” sê hy. “Ons is nie regtig hier vir werk nie”
Ek frons. “Ou-kay” sê ek stadig.
“Die naweek is eintlik vir my verjaarsdag” gaan hy aan.
 “Ou-kay” is al wat ek uitkry. Dit alles klink vir my baie snaaks. Ek verstaan nie heeltemal wat hy nou probeer sê nie.
“Oh ja, en daar’s nog iets.” sê hy weer. “Ek het altyd gesê dat ek jou nie net sal vra om met my te trou nie.” Hy steek sy hand in sy sak. Op die stadium gaan my ore toe en al wat ek hoor is “trou, tou, trou!” Hy haal ‘n boksie uit en net daar slaan my asem weg! Ek sit my hand voor my mond in verbasing. Ek kan nie glo wat besig is om te gebeur nie!
“My Engel, sal jy asseblief vir die res van my lewe my beste-este-este-este maatjie wees?” vra hy terwyl hy diep in my oë kyk.
“Ja, ek sal!” sê ek opgewonde! Hy vat die ringetjie en steek dit aan my vinger. Dis pragtig. Fyn met baie gegraveerde detail. Net soos ek dit nog altyd wou gehad het. Ek spring in sy arms en giggel vreeslik. Ons klink ‘n glasie sjampanje saam en ek babbel verskriklik terwyl die laaste sonstrale rustig agter die doringbome verdwyn.
Die volgende paar minute werk my kop eers als uit wat so pas gebeur het en Nico moes ‘n paar keer herhaal dat dit glad nie werks naweek was nie. Hy het alles so beplan sodat ek nie snuf in die neus moes kry oor wat sou gebeur nie. Die volgende drie dae ìs vir ons, in ‘n pragtige boomhuis in die bosveld. Ons eie stukkie hemel op aarde.
Toe ons terug kom by Pezulu het hulle vir ons ‘n privaat ete gereël by ‘n kaggel vuurtjie. Ons eet heerlik aan ‘n drie-gang maaltyd wat vlakvark pastei en appeltert as geregte het. Ons gesels opgewonde oor wat die toekoms in hou en waardeer mekaar en ons liefde op nuut.
Die aand kon nie meer perfek gewees het nie. Die hele naweek was perfek. Al my drome is besig om waar te word en ek sien elke dag nog meer uit oor wat die toekoms inhou vir ons twee. Die Brits Couple.
*♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥**♥*♥*
Baie Dankie aan almal by Pezulu Tree House Lodge wat ons naweek onvergeetlik gemaak het. Dankie aan Diana vir al die reëlings wat jy help tref het, Andrew vir jou ‘pose hou’ en Ronnie wat so mooi gesorg het dat ons glase heel naweek vol bly. Dankie aan al die ander staf ook wat so lekker kos gemaak het, vriendelik was en ons kuier daar by net wonderlik gemaak het.
Harries Pancakes in Dullstroom is ‘n moet as jy kan stop op jou volgende ‘road trip’. Ons het die Forel pannekoek & die Hoender en Sampioen pannekoek gehad. Baie lekker!

Baie dankie aan Jeanine Jewellers wat my ring met soveel detail en moeite gemaak het. Dit is ‘n ‘one of a kind’ stuk wat vir ewig baie na aan my hart gaan wees.

En vir die van julle wat wonder wat ‘n liefdes dagboek is, julle kan gaan kyk na iets soortgelyks hier. (dis waar ek die idee gekry het)

Dankie aan my verloofde, Nico, wat soveel moeite gedoen het om alles te beplan. Ek raak elke dag meer verlief op jou! Eks lief vir jou gogga! ♥

Advertisements

1 thought on “Hy het my nie gevra om te trou nie… {verlowing}”

  1. Ai vriendin! Ek is so bly vir jou! Herhinner my om Nico volgende keer geluk te wens op sy WONDERLIKE moeite en beplanning! Dit klink soos 'n sprokies verhaal!Ek bid dat die tyd geseen sal wees en dat julle elke dag net meer verlief sal word en sien hoe die Here in julle lewens werk om al julle drome te bewaar en oorskry!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s