Baby, Portraits

Alicha Maternity session

Alicha tells this storie best:

Ons is “High School Sweethearts”…

Ek en Viaan het mekaar op skool ontmoet deur ‘n gesamentlike vriend. Ek het in die snoepie by die skool gestaan besig om my kos te betaal toe Alex (ons vriend) my handsak gryp en daarmee weghol. Ek sit hom agterna en kry een kant van die sakkie beet. Alex draai in die ronde so hard probeer hy weer beheer kry, en so kom ek tot stilstand teen ‘n grootborskas met my rug. Draai om en dit voel of ek kan wegsink, “net nie HY nie dink ek”. Viaan het uitgestaan bo al die ander ouens. Nie net oor sy lengte en bree borskas nie, maar sy geaardheid en voorkoms. Hy het op ‘n afstand gelyk asof hy kan moeilik wees, maar vind toe uit hy is ‘n groot teddiebeer! Ons is vinnig voorgestel, en ek het spore gemaak na my locker toe. Was skielik vreeslik skaam. Van daai dag af het ons mekaar oor ‘n afstand bewonder maar niks gese vir ‘n jaar nie aangesien ons albei in verhoudings was. So werk dit toe nou ook ‘n jaar later uit dat albei ons verhoudings op dieselfde tyd misluk en ons “huil” op mekaar se skouers.

Ons is albei het skool aktiwiteite geniet. Ons het elke dag na ons sport oefening by die skool gewag todat ons ouers ons kom haal het.Viaan het fiets gery en somtyds sy wiel afgeblaas en sy pa gevra om hom te kom haal want hy het ‘n pap wiel, net sodat hy by my bietjie langer kon kuier.

Ons het ook saam koor gesing. 25 Julie 2002 het ons toe ‘n groot optrede by Pretoria Stadsaal, Viaan se ma het ons albei by die skool kom haal sodat ons by hulle huis kon regmaak. Daai middag terwyl ons regmaak soen Viaan my die 1ste keer, en ek verloor my hart…

31 Oktober 2008 vra Viaan my om te trou en ons raak verloof by sy ouers se huis na ‘n kerslig ete. 5 Desember 2009 is ons getroud by Green Leaves en ons daggie was volmaak afgesluit met ‘n groot reen bui as blessing. Die dominee preek daai dag vir ons dat daar een liefdes driehoek is wat toegelaat word. Die liefdes driehoek tussen God, man en vrou. Wanneer Gof aan die bopunt van die driehoek geplaas word en man en vrou weerskante in die twee ander hoeke met doe doelwit om nader aan God te beweeg as individue, beweeg hulle as man en vrou ook nader aan mekaar.

Die lekkerste deel van ons getroude lewe was ons kwaliteit tyd saam. Ons het elke middag na werk eers ‘n halfuur op ons bed gaan le en gesels oor ons dag. Daarna het Viaan gewoonlik ‘n bottel wyn oopgemaak en ons het saam kos gemaak. Dis een middag in 2011 wat ons toe so le dat die huis besonders stil is en skielik het ons ‘n “oomblik” asof ons harte met mekaar praat. Hier kort iemand se ek vir Viaan. Ja sy hy klein voetjies en baie gelag. Ons behoefte na ‘n baba raak na ‘n jaar en ‘n half dringend. Ek begin naderhand wonder of ek ooit sal swanger raak… April maand 2012 vermy ek skielik sjokolade en koffie(waaroor ek mal is) Viaan maak ‘n grap en vra, is jy swanger… My oe rek so groot kan dit wees? Ons ry dadelik apteek toe en koop twee toetsies. Albei is positief, bloed toets die volgende dag ook. Ons is in die wolke. Ons geluk is egter kortstondig, 17 Mei 2012 het ek ‘n miskraam. Viaan help my die kot en klere wat ons reeds bymekaar gemaak het wegpak sodat ek dit nie elke dag hoef te sien nie. Ons huil saam, praat baie en bid gedurende hierdie moeilike tyd vir vrede kalmte en nog ‘n baba. Julie maand kan ek weer nie sjokolade of koffie hanteer nie, ook reuke soos vleis en vis sit my vreeslik af en eks konstant naar. Die volgende dag bevestig twee tuis toetse dat ek weer swanger is en bloed toetse ook.

Hierdie keer bid ons die hele swangerskap deur, ons pleit die bloed van Jesus oor ons klein mensie af. Ons mis nie ‘n doktersafspraak nie. Ek neem ‘n doelbewuste besluit om te ontspan. Viaan vat omtrent al die huis take oor… Tap vir my koue water emmers vir my voete en bederf my met bubble baths en rugmaseerings. En soos die liewe Vader ons ook belowe het hou ons 15 Maart 2013 om 11:16 ons seuntjie vas. Ruben is sowaar ons eie klein woderwerkie.

 

MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.comMoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com MoniQue@moniquebrits.com

 

Im so behind on blogging, this little guy turns 1 year old already!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s